KRIEKET: Protea kaptein Wiaan Mulder stel nuwe kolfrekord op in tweede toets teen Zimbabwe
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 7, 2025
- 1 min read
Die Proteas is stewig in die saal teen Zimbabwe op Dag 2 by die Queen Sports klub in Bulawayo. Die besoekers het hul eerste beurt op ’n reuse telling van 626 / 5 verklaar. Die kaptein Wiaan Mulder het die rekordboeke herskryf deur die hoogste toetstelling van 367* deur ‘n Suid-Afrikaner aan te teken. Mulder het die rekord van Hashim Amla van 311* wat hy in 2012 teen Engeland aangeteken het met groot toejuiging van sy spanmaats en toeskouers verby geneem. Zimbabwe se kolfbeurt het egter rampspoedig begin nadat Codi Yusuf met die heel eerste aflewering van Takudzwanashe Kaitano ontslae geraak het toe Kyle Verreyne die bal agter die paaltjies opgeraap het. Die Chevrons se heel eerste doelwit sal wees om die opvolgbeurt van 426 lopies af te weer. Diè toets eindig Donderdag.







Comments