top of page

KRIEKET: Protea vroue open rekening in T20 WB-toernooi met maklike sege oor Windies

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Oct 7, 2024
  • 1 min read

Die Protea vroue span het hul T20 Wêreldbeker-veldtog op ’n wennoot afgeskop en die Windies Vrydag met 10 paaltjies uit die pad gevee. Die eilandspan kon net 118 / 6 bymekaar maak waarna Laura Wolvaardt en Tasmin Brits met beurte van onderskeidelik 59 en 57 die wenteiken met die voorlaaste aflewering in die 18de boulbeurt bereik het. Die Suid-Afrikaners speel vanmiddag om 16:00 teen Engeland wat ook hul eerste wedstryd  gewen het teen Bangladesh met 21 lopies. *In die plaaslike KSA T20-reeks het die Knights Sondagmiddag in ’n naelbytwedstryd die Warriors met 16 lopies uitoorlê op die Manguang Ovaal. Die tuisspan het 166 / 9 aangeteken en die besoekers uit Oos-Londen tot 150 / 6 beperk.

 
 
 

Comments


bottom of page