top of page

KRIEKET: Protea-vroue struikel in laaste T20 teen Pakistan

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Feb 17
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse vrouekrieketspan het hul swakste vertoning gelewer toe Pakistan hulle met 58 lopies in die derde en laaste T20 op Willowmore-park in Benoni geklop het.


Pakistan het 144-7 aangeteken nadat die Protea-vroue vyf vangkanse verbeur het, met kaptein, Fatima Sana, wat ’n onoorwonne 47 van 30 balle geslaan het.


In antwoord daarop is Suid-Afrika vir slegs 91 lopies in net minder as 17 boulbeurte uitgeboul, met Nadine de Klerk en Annerie Dercksen se vennootskap van 55 om die vyfde paaltjie.


Die Protea-vroue het die reeks met 2-1 beklink en sal Sondag in Bloemfontein in die eerste van drie eendagwedstryde teen Pakistan te staan kom.


In die mans T20 Wêreldbeker het Sri Lanka vir Australië met 8 paaltjies gewen, terwyl Kanada nou kragte meet met New Zealand. Later vandag sal Ierland en Zimbabwe mekaar ontmoet met Skotland en Nepal wat ook die stryd sal aansê.


Ter Illustrasie. FOTO: ICC
Ter Illustrasie. FOTO: ICC

Comments


bottom of page