KRIEKET: Protea vroue val vas teen Engeland in 2de ronde van T20 WB-kragmeting
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Oct 8, 2024
- 1 min read
Die Protea vroue span het hul 2de ronde wedstryd teen Engeland met 7 paaltjies verloor. Suid-Afrika kon net 124 / 6 bymekaar maak waarna Engeland die wenteiken met drie aflewerings oor bereik het. Die Proteas speel Woensdagmiddag om 12:00 (SA Tyd) teen die sukkelende Skotland wat tans hulself onderaan Groep B bevind. *Die Protea mans was egter ook nie opgewasse teen Ierland en het in die 3de eendag wedstryd met 69 lopies kortgeval. Ierland het 284 / 9 opgestapel met die kaptein Paul Sterling wat 88 bygedra het waarna die Suid-Afrikaners vir ’n goedkoop totaal van 215 uitgehaal is. Suid-Afrika wen die reeks met 2 – 1.






Comments