KRIEKET: Proteas klop Engeland om eendag-reeks te beklink
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 5
- 1 min read
Matthew Breetzke het geskiedenis gemaak deur die eerste kolwer te word, wat meer as 50 lopies in elk van sy eerste vyf Eendag Internasionale wedstryde aangeteken het.
Tristan Stubbs het 58 lopies bygevoeg, Dewald Brevis het 42 lopies van 20 balle geslaan, en Corbin Bosch het onoorwonne geëindig op 32 terwyl die Proteas ‘n gedugte teiken gestel het.
Engeland het met 'n paar stewige vennootskappe in sy jaagtog die wedstryd in die weegskaal gehou, maar is aan die einde tot 325/9 beperk, teenoor se Suid-Afrika se 330/8.
Met die noue triomf het Suid-Afrika die drie-wedstryd reeks met 2-0 beklink.
Sondag se laaste wedstryd word by Southampton se Rosebowl gespeel.





Comments