KRIEKET: Proteas klop Nieu-Seeland met sewe paaltjies om T20-momentum te versterk
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Feb 16
- 1 min read
Suid Afrika se mans-krieketspan bou sterk momentum in die T20-Wêreldbekertoernooi nadat hulle Saterdag ’n oortuigende oorwinning van sewe paaltjies oor New Zealand behaal het.
Die Kiwi’s kon op ’n goeie kolfblad net 175-7 aanteken, met Marco Jansen wat met ’n indrukwekkende 4-40 uitgestaan het, en die lopievloei knap beperk het.
In antwoord het die Proteas kaptein, Aiden Markram, ’n blitsige vyftigtal van net 19 balle behaal en die wedstryd met ’n onoorwonne 86 afgesluit, terwyl David Miller die oorwinning met ’n reuse-ses beklink het.







Comments