KRIEKET: Proteas sal na Bangladesh reis vir ‘n twee wedstryd toetsreeks
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Oct 1, 2024
- 1 min read
Krieket Suid-Afrika het bevestig dat die Proteas na Bangladesh sal reis vir ‘n twee wedstryd toetsreeks. Daar was verwag dat die reeks afgestel sal word weens politieke onrus in die land maar volgens KSA kon hulle die groen lig gee vir die reeks na ‘n sekuriteit assessering onlangs plaasgevind het. Die Toetsreeks sal op 21 Oktober in Dhaka afskop. Die groep vir die toer is intussen aangekondig met die draaibouler Senuran Muthusamy wat terugkeer terwyl Matthew Breetzke na verwagting sy buiging vir die Proteas sal maak in Toetskrieket.






Comments