top of page

KRIEKET: Proteas veg terug teen Aussies

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 13, 2025
  • 1 min read

Die Proteas sal hard moet terugveg indien hulle die Wêreld-toetskampioenskapstitel van die verdedigende kampioen, Australië, wil afneem. Suid-Afrika se kolflys het op dag twee verkrummel en almal is uitgehaal vir slegs 138 lopies - waar Pat Cummins in ‘n verwoestende bui was en 6 kolwers terug kleedkamer toe gestuur het vir 28 lopies. Die Protea-boulers, onder leiding van Kagiso Rabada en Lungi Ngidi gerugsteun deur skitterende veldwerk, het daarna hand opgesteek en deur die Aussies se tweede beurt gevleg met ses paaltjies tussen hulle vir net 79 lopies. Teen uitskeityd was die Baggy Greens op 144/8 met ‘n voorsprong van 218 lopies.

 
 
 

Comments


bottom of page