KRIEKET: Proteas-vroue klop Pakistan in eerste eendagwedstryd
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Feb 23
- 1 min read
Die Proteas-vroue het Pakistan met 37 lopies in die eerste eendagwedstryd in Bloemfontein geklop.
Sune Luus het met ‘n onoorwonne 93 van 76 balle en 2-31 met die bal geskitter, terwyl Sinalo Jafta haar vyftigste internasionale wedstryd met ‘n vinnige 57 lopies gemerk het.
Laura Wolvaardt se 43 en Annerie Dercksen se 31 het gehelp om ‘n totaal van 260-6 op te stel, met ‘n laat 90-lopie vennootskap tussen Luus en Jafta wat die deurslag gegee het.
Pakistan het teruggeveg, maar Tumi Sekhukhune se 3-50 en Nadine de Klerk se 2-36, het verseker dat hulle vir 223 uitgeboul is.








Comments