KRIEKET: Proteas wen eerste Eendagreeks teen Ierland op ‘n drafstap
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Oct 3, 2024
- 1 min read
Die Proteas het die eerste Eendag-wedstryd Woensdag teen Ierland met 140 lopies gewen. Die Suid-Afrikaners het gesukkel deur die eerste tien boulbeurte waar hulle op 39 / 3 gestaan het maar daarna het Ryan Rickelton en Tristan Stubbs die skade herstel en beurte van onderskeidelik 91 en 79 gespeel en die besoekers na 271 / 9 geneem. Die Iere is daarna tot 132 beperk met Lizaad Williams wat die beste onder die Suid-Afrikaanse boulers gevaar het met ’n ontleding van 4 / 32. Die volgende wedstryd in die reeks word Vrydag in Abu Dhabi beslis.






Comments