top of page

KRIEKET: RCB verstom LSG met rekord lopie-jaagtog

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 28, 2025
  • 1 min read

Die Royal Challengers Bengaluru het ‘n briljante kolfvertoning gelewer om hul plek in die eerste Kwalifiseerder vas te maak nadat hulle die Lucknow Super Giants met 6 paaltjies uitgestof het. Alhoewel Rishabh Pant ‘n onoorwonne 118 geslaan het om die Super Giants na ‘n gedugte 227/3 te neem was dit sy eweknie Jitesh Sharma wat die kollig gesteel het met ’n sprankelende 85 lopies van net 33 aflewerings. RCB ontmoet nou die Punjab Kings Donderdag in die eerste Kwalifiseerder met die wenner wat automaties deurdring na die eindstryd. Vrydag speel die Gujarat Titans en Mumbai Indians teen mekaar in die enigste Elimineerder met die verloorder wat reguit huiswaarts keer. Sondag speel die verloorder van die eerste Kwalifiseerder teen die wenner van die Elimineerder en wie ook al deurdring sal die wenner van Kwalifiseerder 1  in Dinsdag se eindstryd in die Sardar Patel Stadion in Ahmedabad die stryd aansê.

 
 
 

Comments


bottom of page