KRIEKET: RCB wen eerste IPL titel na 18 lang jare
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 4, 2025
- 1 min read
Die Royal Challengers Bengaluru het na 18 lang jare hul eerste IPL titel gewen nadat hulle die Punjab Kings met ses lopies in Ahmedabad geklop het in die 2025 IPL eindstryd. RCB het 190 / 9 bymekaar gemaak met Virat Kohli wat vir ’n rekord 18 agtereenvolgende seisoene vir dieselfde franchise gespeel het wat 43 lopies ingesamel het terwyl daar ook goeie bydraes was van Mayank Agarwal, Rajat Patidar, Liam Livingstone en Jitesh Sharma. Punjab het daarna ’n versigtige aanslag geloods terwyl Shashank Singh tot aan die einde probeer veg het met sy beurt van 61* maar op die einde uit stoom gehardloop op 184 / 7 terwyl Krunal Pandya met ’n skitter boulontleding van 2 / 17 die skaal finaal in RCB se guns geswaai het.






Comments