top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

KRIEKET: Reën het laaste sê tussen Knights & Warriors in Bloemfontein

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 20, 2025
1 min read

Die Knights is na twee wedstryde in die KSA Eendagbeker-reeks nog steeds segeloos nadat reën Woensdag weereens die laaste sê gehad het teen die Warriors op die Mangaung Ovaal. Die tuisspan se kolfbeurt het vroeg gewankel op 56 / 4 maar ’n skitterende 123* deur Dian Forrester het sy span gehelp tot ’n heel skaflike 247 / 8 in hul 50 boulbeurte. Die Warriors se eerste paaltjie het vroeg getuimel toe Jacques Snyman met sy eerste aflewering van die gevaarlike Jordan Hermann ontslae geraak het vir ’n nulletjie. Met die besoekers se telling op 7 / 1 na vyf beurte is die spelers van die veld weens ’n nat buiteveld en is die wedstryd kort daarna afgelas. *Die Knights bly in Bloemfontein vir die week aangesien hulle Saterdagmiddag teen die Westelike Provinsie kragte sal meet met diè wedstryd wat om 13:00 begin.

 
 
 

Comments


bottom of page