top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

KRIEKET: SA se hoop om die T20 Wêreldbeker te verower is verpletter

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • Mar 5
  • 1 min read

Die Proteas se T20-Wêreldbeker-droom het in ‘n nagmerrie verander toe hulle met nege paaltjies teen Nieu-Seeland in die T20-Wêreldbeker-halfeindstryd verloor het.


Suid-Afrika se kolwers het op 77-5 gewankel, voordat Marco Jansen en Tristan Stubbs die telling tot 169-8 geneem het.


Finn Allen en Tim Seifert het die Protea-boulers genadeloos aangeval, met Allen wat ‘n onoorwonne honderdtal van net 33 balle gemoker het.


Afrigter, Shukri Conrad, sê die Kiwi’s was eenvoudig die beter span op die aand en die Proteas kon net nie hul momentum vind nie.


Shukri Conrad, argief. FOTO: SuperSport
Shukri Conrad, argief. FOTO: SuperSport

 
 
 

Comments


bottom of page