top of page

KRIEKET: Ses nuwelinge in Proteas groep vir Drienasies-reeks

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Feb 6
  • 1 min read

Die afrigter van die Proteas se witbal-spanne, Rob Walter, het ses nuwelinge in sy 12-man groep ingesluit wat na Pakistan sal reis vir ‘n Drienasies-reeks. Die toernooi waar die Suid-Afrikaners teen Nieu-Seeland en Pakistan te staan sal kom sal dien as voorbereiding vir die Kampioenetrofee-toernooi. Gideon Peters, Meeka-eel Prince, Matthew Breetzke, Eathan Bosch, Senuran Muthasamy en Mihlali Mpongwana is by die groep betrek en hoop om in die toernooi hulle debuut vir die Proteas te maak in Eendagkrieket. Gerald Coetzee het ook die groep gehaal na hy betyds herstel het van ‘n dyspierbesering. Temba Bavuma sal die groep lei wat ook vir Junior Dala, Wiaan Mulder, Jason Smith en Kyle Verreynne insluit.

 
 
 

Comments


bottom of page