KRIEKET: Sewe van die beste kompeteer in Bloemfontein
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 10
- 1 min read
Die Roses Cup Meisies Kriekettoernooi het die afgelope week sewe van die Vrystaat se beste meisieskrieketspanne by Hoërskool Sentraal in Bloemfontein bymekaar gebring.
Die organiseerder Christelle Erasmus sê aan Rosestad-nuus die T20-toernooi, met trots geborg deur Free State Apparel, was ‘n onvergeetlike viering van jong talent, mededingende gees en sportmanskap.
Sy voeg by die gehalte van die spel wat vertoon is, het die diepte van die provinsie se talent beklemtoon, én die blink toekoms van meisieskrieket in die Vrystaat herbevestig.
Botshabelo Hub het bo aan die ranglys geëndig met Hoërskool Witteberg in tweede plek en Hoëskool Sentraal in derde plek.
Rosestad-nuus het vroeër berig hierdie baanbrekersgeleentheid is die eerste meisieskriekettoernooi ooit wat in sentraal Suid-Afrika plaasvind, en verteenwoordig ’n belangrike mylpaal vir die groei en ontwikkeling van vrouekrieket in die Vrystaat.







Comments