top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

KRIEKET: Suid-Afrika wen die Wêreld Kampioenskap van Legendes krieket-toernooi

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 4, 2025
1 min read

Suid-Afrika het die Wêreldkampioenskap van Legendes gewen nadat hulle Pakistan met nege paaltjies getrap het op Edgbaston. Pakistan het eerste gekolf en 195 / 5 opgestapel maar dit was die Speler van die Toernooi wat ook met nog vier ander toekennings beloon is AB de Villiers wat weereens ’n spogvertoning gelewer het met ’n briljante 120* van 60 balle  wat 12 viere en sewe sesse ingesluit het. De Villiers en  JP Duminy wat ook ’n vinnige 50* bygedra het, het die wenlopies in die 17de boulbeurt geslaan.

 
 
 

Comments


bottom of page