KRIEKET: Sunrisers kroon weer SA20-glorie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jan 26
- 1 min read
Die SA20-toernooi het gister op ’n skouspelagtige wyse op Nuweland afgesluit toe die Sunrisers Eastern Cape vir die derde keer in vier seisoene die trofee omhoog gehou het.
Sunrisers het ’n ses-paaltjie-oorwinning oor die Pretoria Capitals verseker, met perfekte tydsberekening toe 56 lopies van die laaste vier boulbeurte benodig is.
Matthew Breetzke en Tristan Stubbs het met ’n onoorwonne vyfde-paaltjie-vennootskap van 114 lopies tot die triomf bygedra.
Die Sunrisers se jaagtog het uiteindelik die vure weer hoog in hul kamp laat brand, toe Stubbs die wedstryd met twee reuse-sesse in die laaste boulbeurt afgesluit het.







Comments