top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

KRIEKET: Swart Pette stuit Proteas oortuigend

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 10, 2025
1 min read

Nieu-Seeland het wedstryd nommer twee in die Drienasies-reeks gewen toe hulle die Proteas Maandag met ses paaltjies in Lahore kon uitstof. Die Suid-Afrikaners het eerte gekolf en 304 / 6 op die telbord geplaas met die nuweling Matthew Breetzke wat ’n puik beurt van 150 gespeel het - waar hy ook goed ondersteun was deur Wian Mulder met sy bydrae van 64. Temba Bavuma het sewe boulers ingespan om die lopievloei te beperk maar die Swart Pette se kaptein, en Speler van die Wedstryd, Kane Williamson het weereens die anker rol gespeel met 133 onoorwonne lopies. *Suid-Afrika speel Woensdag teen Pakistan wat ook hul openingswedstryd teen Nieu-Seeland verloor het.

 
 
 

Comments


bottom of page