KRIEKET: Voormalige Protea kaptein Faf du Plessis maak T20-geskiedenis
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 2, 2025
- 1 min read
Faf du Plessis het die afgelope naweek sy tweede honderdtal van hierdie jaar se Major League Cricket-toernooi aangeteken toe hy 103* van 53 aflewerings af gemoker het. Du Plessis wat vir die Texas Super Kings speel is nou die eerste kolwer in die geskiedenis om twee T20-honderdtalle ná sy 40ste verjaardag te kon aanteken. Slegs twee voormalige spelers van Engeland Paul Collingwood en Graeme Hick het soortgelyke prestasies behaal ná hul 40ste verjaardae maar kon egter nie trippel-syfers bereik nie. Du Plessis is nou die voorste lopiemaker van die 2025-toernooi met ’n totaal van 317.






Comments