KRIEKET: Windies beklink T20-reeks teen Protea-vroue
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 24, 2025
- 1 min read
Die Windies het die T20-reeks teen die Proteas gewen nadat hulle met weereens met ses paaltjies geseëvier het op die Three W’s Oval in Barbados. Die besoekers het eerste gekolf en kon net 147/6 op die telbord plaas met Miane Smit wat gesprankel het met haar eerste internasionale 50-tal en was nie uit nie op 59 lopies, Die tuisspan se kaptein Hayley Matthews was weer onder die lopies en het 65 ingesamel terwyl Shemaine Campbell met 42 verseker het dat die eilandspan diè titel kon inpalm. Die Wes-Indiese Eilande wen diè reeks 2 – 1. Die eerste toets tussen Engeland en Indië stuur op ’n spannende af op Dag 5 by Headingley. Indië het 471 in hul eerste beurt aangeteken waarna die tuisspan slegs ses lopies kort gedraai het in hul kolfbeurt. Die besoekers is in hul tweede beurt vir 364 uithehaal met KL Rahul en Rishabh Pant wat geskitter het met tellings van 137 en 118 onderskeidelik en het aan Engeland ‘n teiken van 371 gestel om diè wedstryd te wen. Teen uitskeityd was die tuisspan op 21/0 en benodig nog 350 lopies om die eerste toets uit die reeks van vyf te wen.






Comments