KRIEKET: Wolvaardt blink uit
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jan 19
- 1 min read
Updated: Jan 20
Die Internasionale Krieketraad het Protea-kaptein, Laura Wolvaardt, as die vrouespeler van die maand vir Desember aangewys ná ’n reeks uitmuntende vertonings.
Sy het veral in die witbalkrieketreekse teen Ierland uitgeblink met drie honderdtalle en het altesaam 392 internasionale lopies in die maand aangeteken.
Dit is die tweede keer in drie maande dat Wolvaardt dié eer ontvang, nadat sy ook in Oktober met dieselfde toekenning beloon is.
Die 26-jarige het gesê sy is trots op haar prestasie, geniet haar meer aanvallende kolfwerk en is gefokus daarop om die momentum te behou met die T20-Wêreldbeker wat voorlê.







Comments