Kritici kla dat engele in die Jesus-reeks soos Avatar-karakters lyk

2 days ago
1 min read
Die skepper van The Chosen, Dallas Jenkins, het verdedig hoe engele in die nuwe seisoen van die Jesus-reeks uitgebeeld word.
'n Lokprent wys blou engelkrygers van verskillende rasse wat die skare wil aanval wat Jesus in Getsemane gevange neem, maar Jesus roep hulle terug. Die toneel is gebaseer op Matteus 26.
Sommige kritici vergelyk die engele met die wesens in die fliek Avatar, maar Jenkins sê niemand moet ʼn mening oor hoe engele lyk as feit voorhou sonder om die episode te sien nie.
Hy erken hy weet nie hoe akkuraat sy uitbeelding is nie, maar sê kritici weet nog minder.










Comments