top of page

Kroonstad-moord: ‘n Bejaarde en sy kleinseun is weer later in die hof

  • Writer: Nadia Pieters
    Nadia Pieters
  • Oct 10
  • 1 min read

Die 80-jarige man en sy minderjarige kleinseun wat hegtenis geneem is nadat die liggaam van ‘n jongman op die bejaarde se plaas buite Kroonstad opgegrawe is moet weer in Desember hof toe gaan.


Bloemnuus berig die Kroonstad-landdroshof het  hulle saak uitgestel vir verdere ondersoek.


Die polisie het in Augustus ‘n wenk van ‘n beweerde moord ontvang, waarna die liggaam opgegrawe is, die bejaarde en sy kleinseun is begin September in hegtenis geneem.


Die twee word aangekla van onderskeidelik moord, poging tot moord, sameswering om moord te pleeg sowel as die afvuur in ‘n munisipale gebied.


Kroonstad-landdroshof. FOTO: Bloemnuus
Kroonstad-landdroshof. FOTO: Bloemnuus


Recent Posts

See All

Comments


bottom of page