top of page

Kroonstad-moord: ‘n Bejaarde en sy kleinseun verskyn in die hof

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 4, 2025
  • 1 min read

Die dokter van Kroonstad, op wie se plaas daar glo ʼn ontbinde liggaam van ʼn onbekende man gevind is, het vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn. Maroela Media berig luidens die klagstaat het die dokter op vyf aanklagte verskyn, wat moord, poging tot moord, regsverydeling, sameswering om moord te pleeg en die afvuur van ʼn vuurwapen binne ʼn munisipale gebied insluit. Hy het aangedui dat hy onskuldig op al die aanklagte teen hom gaan pleit, en sal in die polisieselle op Koster aangehou word. Intussen het sy ʼn 16-jarige kleinseun, afsonderlik en agter geslote deure verskyn. Maroela Media verstaan sy saak is ook tot later uitgestel en dat hy deur dieselfde aanklagte as die dokter in die gesig gestaar word. Albei se verskyning volg nadat die polisie op 20 Augustus ʼn wenk opgevolg het en ʼn erg ontbinde liggaam op die plaas gevind het. Die twee is laat Dinsdagmiddag in hegtenis geneem ná die EFF by die dokter se spreekkamer en later voor sy plaashek betoog het.

 
 
 

Comments


bottom of page