Leeus in aanhouding sal uitgefaseer word
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 20
- 1 min read
Parlement het hervormings goedgekeur om Suid-Afrika se industrie van leeus in aanhouding uit te faseer.
Daily Maverick berig enkele weke nadat die nuwe minister van bosbou, visserye en die omgewing, Willie Aucamp, vir Dion George vervang het, is veranderinge aan die Bedreigte of Beskermde Spesies Regulasies goedgekeur. Dit vereis dat die welstand van sekere gelyste spesies in ag geneem moet word, en verhoed dan sekere aktiwiteite wat Afrika-leeus betrek.
Aucamp sal na verwagting die wildlewebeleid terug na bedryfsgerigte prioriteite wil rig. Rosestad-nuus het vroeër berig Aucamp het konsep-jaguitvoerkwotas vir sommige van Suid-Afrika se waardevolste grootwilddiere gepubliseer.






Comments