top of page

Nuwe trofeejag-uitvoerkwotas is gepubliseer

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 9
  • 1 min read

Omgewingsminister Willie Aucamp het konsep-jaguitvoerkwotas vir sommige van Suid-Afrika se waardevolste grootwilddiere gepubliseer.


Dit kom nadat wildboere en professionele jagters gekla het dat geen nuwe kwotas sedert 2021 gepubliseer is nie.


Hulle het aangevoer dat die plaaslike jagbedryf die afgelope vyf jaar tot R2,2-miljard in direkte inkomste verloor het.


Die voorgestelde uitvoerkwotas is vir olifant-, swartrenoster- en luiperdjagtrofeë.


Nuwe kwotas is nog nie van krag nie, en die publiek het 30 dae om kommentaar te lewer.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 

 
 
 

Comments


bottom of page