Letsoha-Mathae maan senior amptenare om nie hul voete te sleep nie

Die Vrystaatse premier, MaQueen Letsoha-Mathae, wil hê dat alle provinsiale departemente hul vakante, befondsde poste dringend adverteer.
Volgens die Vrystaatse provinsiale regering het sy tydens die provinsie se middeljaarbeplanning- en begrotingsberaad in Bloemfontein ’n beroep op senior bestuurders gedoen om nie voete te sleep met die proses nie.
Letsoha-Mathae sê die uitslae van die plaaslike regeringsverkiesing is ’n duidelike oproep tot beter dienslewering, werkskepping en infrastruktuurontwikkeling.
Sy beklemtoon dat staatsbesteding ’n tasbare verskil in inwoners se lewens moet maak, met meer werksgeleenthede, beter paaie, behuising, gesondheidsdienste en veiliger gemeenskappe.
Die LUR vir Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ketso Makume, voeg by die provinsie se beperkte finansiële hulpbronne moet op sy belangrikste prioriteite toegespits word.
Die beraad het ook saamgestem dat munisipaliteite dringende ondersteuning nodig het.










Comments