top of page

Liebenberg sê aan die hof sy voete kort behandeling

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 7, 2025
  • 1 min read

Die vermeende diamantbedrieër, Louis Liebenberg, sê daar is fout met die bloedsirkulasie na sy voete. Hy kan nie sy voete voel nie en benodig behandeling. Netwerk24 berig hy het Woensdag in die Bronkhorstspruit-landdroshof in Gauteng ook gevra dat die dokter na sy PSA-telling vir sy prostaat moet kyk, aangesien dit tussen sewe en 10 is, wat moontlik daarop dui dat hy kanker het. Intussen berig News24 hy het Woensdag vir ongeveer 30 minute soms onsamehangend gepraat, waarna die landdros hom na ‘n distriksgeneesheer verwys het. Newskoop sê Liebenberg het die tronkbewaarders, die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, en die likwidateurs daarvan beskuldig dat hulle hom geboelie het. Hy het die landdros ook daarvan beskuldig dat hy bevooroordeeld is en die saak slegs aanpak as gevolg van die aandag wat dit sou kry. Die borgtogaansoek duur voort.

 
 
 

Comments


bottom of page