Lourierpark: Die DA se aansoek is geweier

Die DA se aansoek oor ’n behuisingsontwikkelingsprojek langs Lourierpark in die suidweste van Bloemfontein is in die hooggeregshof in Bloemfontein met koste van die hand gewys.
Netwerk24 berig die aansoek volg nadat die hooggeregshof bevind het die hof het nie die reg om die metroraad van die Mangaung-metro daarvan te weerhou om sy planne uit te voer nie. Die planne is goedgekeur en die DA kon nie bewys dat wetgewing of munisipale verordeninge daardeur geskend word nie.
Dit kom nadat die DA hom tot die hof gewend het om die metro te keer om die gebied vir grootskaalse menslike nedersettings te ontwikkel. Die party het vroeër gesê die saak gaan fundamenteel oor die regstaat en die lewering van wettige behuising, nie toegang tot grond nie.
In sy jongste aansoek voer die DA aan dat regs- en feitefoute begaan is. Volgens die aansoek het die hof nie in ag geneem dat die gemeenskap as geheel die reg het om daarop aan te dring dat staatsamptenare en regeringsamptenare op nasionale, provinsiale en munisipale vlak wettig en binne die perke van hul bevoegdheid optree nie.








Comments