top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘Magsbeheptes’ moenie kinders in politieke veldtogte misbruik nie

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
1 day ago
1 min read

Vrystaatse premier MaQueen Letsoha-Mathae waarsku teen wat sy beskryf as die misbruik van kinders in politieke veldtogte.


Luidens ’n plasing op sosiale media het Letsoha-Mathae gesê kinders word deur mense wat volgens haar “magsbehep” is, vir hul eie politieke ambisies gebruik.


Sy het verwys na ’n voorval in Hennenman waar jong kinders by ’n politieke optog betrek is, hoewel hulle nog nie stemgeregtig is nie.


Volgens die Premier het die kinders tydens ’n veldtog vir die komende plaaslike regeringsverkiesing agter sekere individue aangeloop en beledigings geuiter.


Sy het ’n beroep op tradisionele leiers gedoen om saam met die regering aandag te gee aan maatskaplike uitdagings.


MaQueen Letsoha-Mathae. FOTO: Facebook
MaQueen Letsoha-Mathae. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page