Malema is vol vertroue dat hy huis toe sal gaan
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 16
- 1 min read
Die EEF se leier, Julius Malema, sê hy sal huis toe gaan, net soos enigiemand anders.
Hy het Woensdag in die Oos-Londen-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn vir voorvonnisoplegging in sy vuurwapensaak. eNCA berig Malema het buite die hof gesê dat hulle Donderdag op die uitspraak sal wag en dat hy vol vertroue is oor die uitslag.
Malema sê appèl teen ‘n hofuitspraak nie ‘n gebrek aan berou beteken nie, maar eerder meningsverskil met ‘n landdros se beslissing. Hy sê ongeag die uitspraak, sal daar teen die saak geappelleer word indien nodig.
LUISTER HIER:
Intussen het AfriForum teruggekap teen Malema, en gesê die rassekaartverdediging het sy loop gehad.
Newskoop berig voor die hofverrigtinge het die EFF se sekretaris-generaal, Marshall Dlamini, die saak gekritiseer en gesê dat dit ‘n rasgemotiveerde saak is wat deur AfriForum gedryf word.
AfriForum se hoofwoordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, sê die saak gaan nie oor politiek nie, maar oor aanspreeklikheid vir roekelose en onwettige gedrag.
LUISTER HIER:








Comments