Malema kap na die hof oor die Phala Phala-skandaal
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 29
- 1 min read
Die leier van die EFF, Julius Malema, het die Konstitusionele Hof skerp gekritiseer en die hof daarvan beskuldig dat hulle hul uitspraak rakende president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-skandaal vertraag.
The Citizen berig EFF-leiers en -ondersteuners het Vrydag deur Johannesburg na die Konstitusionele Hof in Braamfontein opgeruk om ‘n memorandum af te lewer wat die onmiddellike vrystelling van die langverwagte Phala Phala-uitspraak eis.
Alhoewel die party se saak in November 2024 aangehoor is, het die hof nog nie ‘n uitspraak gelewer nie, wat frustrasie by die EFF veroorsaak het.
Malema sê 'n mosie van wantroue teen Ramaphosa sal nie genoeg wees nie aangesien sekere presidensiële voordele steeds van krag sal wees. Die party eis 'n afsetting.




Comments