Ramaphosa se Phala-Phala-rusbank waaruit geld gesteel is, is al drie jaar soek
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 17, 2025
- 1 min read
Die rusbank waaruit byna $600 000 op die Phala Phala-wildplaas van pres. Cyril Ramaphosa verdwyn het, is glo al byna drie jaar soek.
Netwerk24 berig die polisie is nie eens seker hoe die bank lyk nie. Dit was glo in ’n rusbank in die spaarkamer van die hoofhuis op dié wildplaas buite Bela-Bela in Limpopo.
Die verhoor het Maandag in die streekhof in Modimolle begin en het Woensdag hervat.
Foto’s van die nagebootste toneel is Maandag as bewysstukke by die hof ingedien. Op ’n foto wys ’n beampte na ’n stapel bokse en ’n gholfsak waar die bank glo gestaan het. Volgens die polisiebron kon daar nie vasgestel word wat van die bank geword het nie.
Die staat steun dus op getuies se beskrywing daarvan. ’n Heeltydse huiswerker van Ramaphosa het gesukkel om te verduidelik hoe die bank lyk, en kon nie sê waarvan dit gemaak is nie.






Comments