Mark Burke is as voorsorgmaatreël uit finansiële komitees verwyder

Aug 20
1 min read
Die DA het sy parlementslid, Mark Burke, as voorsorgmaatreël uit die parlement se finansiële komitees verwyder.
Dit volg op ‘n ondersoek deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank na ‘n fintech-maatskappy, Kastelo, wat deur Burke gestig is, oor beweerde oortredings van valutabeheer. Burke het verduidelik dat hy twee jaar gelede as die maatskappy se voorsitter bedank het toe hy gekies het om ‘n politieke loopbaan te volg.
Hy het beklemtoon dat die Hooggeregshof geen bevinding van oortreding gemaak het nie.
Die DA se parlementêre leier, George Michalakis, sê Kingsley Wakelin sal sy verantwoordelikhede oorneem.
LUISTER HIER:
George Michalakis









Comments