Marx se aanvallers laat vaar hul borgtogaansoek

Nov 13
1 min read
Vier mans wat daarvan beskuldig word dat hulle die Noordwes-boer Donovan Marx aangeval het, het hul borgtogaansoeke in die Ventersdorp-landdroshof in Noordwes laat vaar.
Die beskuldigdes het Vrydag in die hof verskyn waar hul regsverteenwoordigers die hof meegedeel het dat hulle nie met die aansoeke sal voortgaan nie.
Hulle sal in aanhouding bly tot hul volgende hofverskyning op 15 Februarie.
Die vier staan tereg op aanklagte van poging tot moord, roof met verswarende omstandighede, aanranding en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.
Rosestad-nuus het vroeër berig Marx is Donderdagmiddag ná meer as twee weke van intensiewe mediese behandeling uit Mediclinic Potchefstroom ontslaan.










Comments