top of page

Masemola sê daar is geen werklike meganisme om fluitjieblasers te beskerm nie

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Oct 11
  • 1 min read

Die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, sê daar is tans geen werklike meganisme om fluitjieblasers te beskerm nie.


Masemola het Vrydag sy getuienis hervat voor die parlement se ad hoc-komitee wat bewerings van polisiekorrupsie ondersoek.


Hy het vrae beantwoord oor Babita Deokaran, wat in 2021 vermoor is nadat sy die fluitjie oor korrupsie by die Tembisa-hospitaal geblaas het.


Hy het aan die komitee gesê dat hy nie glo dat hy Deokaran in die steek gelaat het nie, en hy het eers ná haar dood daarvan uitgevind dat sy ‘n fluitjieblaser is.


Masemola sê die polisie bied fluitjieblasers alle moontlike hulp.


Fannie Masemola. FOTO: Polity
Fannie Masemola. FOTO: Polity

Comments


bottom of page