Mashatile waarsku dat klimaatsverandering druk op watersekerheid plaas

2 hours ago
1 min read
Die adjunkpresident Paul Mashatile waarsku dat klimaatsverandering toenemende druk op watersekerheid regoor Afrika en die Globale Suide plaas.
Hy het by die tweede Awsisa Water- en Sanitasie-dialoog in eThekwini in KwaZulu-Natal gepraat.
Mashatile sê langdurige droogtes, veranderende reënvalpatrone en ernstige vloede maak watervoorrade minder voorspelbaar.
Hy sê lande moet in klimaatsveerkragtige infrastruktuur belê, waterbronne beskerm en oplossings soos afvalwaterhergebruik, grondwaterontwikkeling en reënwateroes ondersoek om toekomstige wateruitdagings aan te spreek.
LUISTER HIER:
Paul Mashatile










Comments