Julius Malema en Helen Zille se lastergeskil draai in die hof

1 minute ago
1 min read
Die lastergeskil tussen die leier van die EFF, Julius Malema, en die voorsitter van die DA se Federale Raad, Helen Zille, sal na verwagting Dinsdag in die Johannesburg-hooggeregshof aangehoor word.
Malema vra ’n dringende interdik om te verhoed dat Zille bewerings herhaal dat hy die toekenning van tenders en aanstellings tydens Herman Mashaba se ampstermyn as Johannesburgse burgemeester beïnvloed het. Malema sê die bewerings is vals en lasterlik.
Rosestad-nuus het vroeër berig Zille weier om haar opmerkings, wat tydens ’n televisie-onderhoud gemaak is, terug te trek.










Comments