BOKS: Mayweather en Pacquiao se herontmoeting skud die bokswêreld
- Saamgestel deur Jana Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
Die internasionale boksarena is in rep en roer nadat dit aangekondig is dat Floyd Mayweather en Manny Pacquiao weer teen mekaar te staan kom.
Die geveg volg kort nadat die 48-jarige Mayweather sy terugkeer uit aftrede bevestig het, elf jaar ná sy oorwinning in 2015 oor Pacquiao. Die 47-jarige Pacquiao glo die tyd is ryp vir ‘n tweede kans, met Netflix wat die langverwagte herontmoeting regstreeks op 19 September by die Sphere in Las Vegas gaan uitsaai.
Die geskiedkundige aand sal die eerste professionele bokswedstryd by die Sphere wees en beteken nóg ‘n groot tree vir Netflix in regstreekse sport.







Comments