McBride getuig verder ná sy plofbare opmerkings
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 21
- 1 min read
Die voormalige hoof van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), Robert McBride, sal Woensdag sy getuienis voor die parlement se ad hoc-komitee wat polisiekorrupsie ondersoek, voortsit.
McBride het Dinsdag tydens sy verskyning ‘n paar plofbare opmerkings gemaak. Een daarvan was dat hy vir die polisieminister, Senzo Mchunu, gesê het om nie Cedric Nkabinde as sy stafhoof aan te stel nie. Volgens McBride kon Nkabinde nie vertrou word nie.
Hy beweer dat Nkabinde bande gehad het met die voormalige stafhoof, wat ‘n onwettige Zimbabwiër in Suid-Afrika was.
LUISTER:
Robert McBride





Comments