top of page

Misdaadsindikate is glo diep in die topbestuur van die polisie gewortel

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 18
  • 1 min read

Updated: Jan 19

Die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, het vroeër die week aan die parlement se Ad Hoc-komitee gesê dat misdaadsindikate diep in die topbestuur van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Gauteng gewortel is.


Khumalo sê sommige beamptes is betrokke by sindikate wat dikwels beweer hulle het politieke verbindings om ondersoeke te ontduik.


Hy waarsku dat die omvang van korrupsie so ernstig is dat ongekende ingrypings nodig mag wees.


Die komitee gaan Dinsdag voort met verhore.


Daar word verwag dat die voormalige Opod-hoof, Robert McBride, gaan getuig.


Dumisani Khumalo. FOTO: IOL
Dumisani Khumalo. FOTO: IOL

Comments


bottom of page