Meer as ‘n 1 000 verdagtes is in die Vrystaat in hegtenis geneem

Sep 14
1 min read
Altesaam 1 142 verdagtes is regoor die Vrystaat tydens Operasie Shanela Twee in hegtenis geneem.
Volgens die polisie het wetstoepassingsagentskappe meer as 3 600 hoësigbaarheidspatrollies, padblokkades en stop-en-deursoek-operasies uitgevoer.
Van die verdagtes is 11 vir moord, 11 vir poging tot moord, 21 vir verkragting en seksuele misdrywe en 82 vir aanranding met die doel om ernstig te beseer, in hegtenis geneem.
Nog 128 mense is in hegtenis geneem vir beweerde immigrasie-oortredings.
Owerhede het ook honderde drankverkooppunte, skrootwerwe, informele besighede en plase geïnspekteer.








Comments