Meer Kaapse pikkewyne dui op 'n positiewe uitwerking weens ingryping

Jul 13
1 min read
SanParke sê die toename in die bevolkingsgroei van Afrika-pikkewyne by die Boulders-kolonie in Simonstad in Kaapstad, kan 'n vroeë teken wees van 'n positiewe uitwerking weens ingryping by visserybestuur in die gebied.
Die jongste verslag oor die jaarlikse sensus van Afrika-pikkewyne toon daar was 'n toename van 92 broeipare op verlede jaar se syfer van 698. Die totale aantal broeipare landwyd is onder 10 000.









Comments