Mej Suid-Afrika gaan wel plaasvind
- Armando Pieters

- Jun 13
- 1 min read
Beplanning is goed op dreef vir die 67ste Mejuffrou Suid-Afrika om vanjaar plaas te vind.
Dit nadat die organisasie die afgelope ruk gepeper is met vrae van aanhangers wat wil weet wanneer die top-30 in vanjaar se kompetisie bekend gemaak sal word.
Netwerk24 berig inskrywings het reeds op 11 April gesluit, en die top-30 is gewoonlik teen einde Mei bekend.
Aanhangers is bekommerd dat hulle nie ‘n nuwe seisoen van die Mej. SA-kompetisie se TV-program, Crown Chasers, sal kan kan kyk nie.
Alle besonderhede sal egter in die nabye toekoms bekend gemaak word.





Comments