top of page

Mense moet ligloop vir ‘n maatskaplike toelae-bedrogspul

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 6d
  • 1 min read

Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling waarsku mense oor ‘n boodskap wat hulle vra om te registreer vir ‘n gesinsondersteuningstoelaag.


Die boodskap sirkuleer op sosiale media, en beweer dat lede van die publiek vir drie maande tot byna R1 700 kan ontvang.


Volgens die departement is dit vals nuus.


Die departement se woordvoerder, Sandy Godlwana, sê hierdie boodskap is ontwerp om mense te mislei.


LUISTER HIER:

Sandy Godlwana

Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page