top of page

Mensehandel kom steeds in en om Bloemfontein voor

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 6
  • 1 min read

Mensehandel kom steeds in en om Bloemfontein voor, en daar is deurlopend twee tot vier slagoffers in die Redeeming Love-huis vir veiligheid buite die stad.


So sê die Bloem-aktivis teen mensehandel, Liezel Pretorius, te midde van die bewusmakingsweek oor mensehandel wat die afgelope week landswyd begin het.


Netwerk24 berig Redeeming Love is tans die enigste huis vir veiligheid in Bloemfontein, en volgens Pretorius is daar dikwels jong vroue wat slagoffers van mensehandel word nadat hulle met werksgeleenthede gelok is.


Luidens die 2023 Human Trafficking in South Africa-verslag word geraam dat moontlik 250 000 mense reeds die slagoffers van mensehandel in Suid-Afrika geword het. 


Volgens die stigter van die organisasie Shattering Shackles, wat mensehandel beveg, is Suid-Afrika nie net ‘n bestemmingsland nie, maar ook ‘n bronland.


Ter illustrasie. FOTO: Placer Country
Ter illustrasie. FOTO: Placer Country


Comments


bottom of page