MIDDAG SPORT: Jansen ontvang ‘n gesogte Forbes Africa-eerbewys, kampioene marsjeer tot die halfeindrondes voor Wimbledon en Australië haal die uitkloprondtes
- Saamgestel deur Jana Roos

- Jun 26
- 1 min read
In krieket-nuus: Krieket Suid Afrika (KSA) het die Proteas se veelsydige speler, Marco Jansen, gelukgewens nadat hy in die Forbes Africa 30 Under 30-klas van 2026 opgeneem is, ‘n lys wat erkenning gee aan jong leiers wat ‘n beduidende impak regoor die vasteland maak.
Die 26-jarige se jongste prestasie volg op sy belangrike bydrae tot die Proteas se suksesvolle veldtog in die IKR Wêreldtoetskampioenskap en hy beklee tans ook die tweede plek op die IKR se ranglys vir veelsydige toetsspelers.
In tennis-nuus: Voormalige Eastbourne-kampioene, Madison Keys en Jelena Ostapenko, het met oorwinnings in skoon stelle tot die halfeindronde deurgedring.
Keys sal teen Petra Martinko te staan kom, en Ostapenko neem die stryd aan teen Tatjana Maria nadat sy herstel het van ‘n sonsteek die vorige aand.
In die mansloting het Jack Draper vir Gabriel Diallo gewen om ‘n halfeindronde teen Ugo Humbert te bespreek, terwyl Toby Samuel die laaste vier gehaal het nadat hy Juan Manuel Cerundolo verslaan het.
En, in Wêreldbeker sokker-nuus: Australië het die uitkloprondtes gehaal na ‘n doellose gelykopuitslag teen Paraguai, en tweede in Groep D geëindig.
Ons skakel oor na ons korrespondent vir meer oor hierdie en ander onlangse wedstryde…
LUISTER HIER:








Comments