top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

MIDDAG SPORT: LIV Gholf land in SA, die Blitzbokke is helde en Europese reuse is oppad na 'n Kampioeneliga-kwarteindronde

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • 5 hours ago
  • 2 min read

Ons begin met nuus uit die wêreld van gholf... LIV Gholf kom vir die eerste keer na Afrika, en Suid-Afrikaanse aanhangers kan 'n ware bederf verwag.


Van 19 tot 22 Maart sal The Club at Steyn City in Noord-Johannesburg die liga se eerste Suid-Afrikaanse geleentheid aanbied, wat top internasionale gholfspelers en die land se beste talent bymekaarbring vir vier dae van opwindende kompetisie.


Good Things Guy berig Southern Guards GC is voor in die koor – dit is die volledig Suid-Afrikaanse span onder leiding van Louis Oosthuizen, met Dean Burmester, Charl Schwartzel en Branden Grace wat die groep afrond.


Al vier het individuele LIV Gholf-oorwinnings behaal en sal nou hul vaardighede op tuisbodem kan ten toon stel, ondersteun deur wat beloof om van die luidrugtigste skares te wees wat die liga nog ooit gesien het.

 

In rugby-nuus… Die kaptein van die Blitsbokke, Impi Visser, sê hul verdediging het hulle tot in die eindstryd gedra. SABC-sport berig die span, wat die afgelope naweek die Wêreld-sewesreeks gewen het, het 'n helde-ontvangs by die Kaapstad Internasionale Lughawe gehad.


Die kampioene het Sondag hul gedugte teenstanders, Fidji met 10-7 in 'n naelbyt-eindstryd in die New York-sewestoernooi geklop en daarmee die reeksoorwinning beklink.

 

En in sokker-nuus… Paris Saint-Germain, Real Madrid en Arsenal het almal hul plekke in die Kampioeneliga-kwarteindronde met oortuigende oorwinnings verseker.

PSG het Chelsea met 3-0 in Londen geklop om ‘n oortuigende 8-2-totaaloorwinning te behaal, terwyl Real Madrid vir Manchester City met 2-1 weg geklop het om ‘n 5-1-triomf oor twee bene te verseker.


Arsenal het ook deurgedring na ‘n 2-0-oorwinning oor Bayer Leverkusen by die Emirates-stadion, wat ‘n 3-1-totaaloorwinning afgesluit het.


Sporting Lisbon het ‘n verstommende ommeswaai gelewer en Bodo/Glimt met 5-0 geklop om met 5-3 te vorder.


LIV Gholf, argief. FOTO: CNN
LIV Gholf, argief. FOTO: CNN


 
 
 

Comments


bottom of page