top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

MIDDAG SPORT: Smith versterk die Bok-slotopsies, Australië oorweldig die Proteas Vroue en die FIFA Wêreldbeker is in volle swang

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • 2 days ago
  • 1 min read

Ons skop af met rugby-nuus: Die Springbokke het slot, Adre Smith, by hul uitgebreide groep gevoeg terwyl hulle voortgaan met voorbereidings vir Saterdag se wedstryde teen die Barbarians en Zimbabwe in Gqeberha.


Smith, wat meer as 50 wedstryde vir die DHL Stormers gespeel het, sluit by die groep aan nadat mede-Stormers-voorspeler, Ruben van Heerden, verlede week opgeroep is.

Die groep sal Woensdag na die Oos-Kaap reis vir die dubbelwedstryd by die Nelson Mandelabaai-stadion.

 

In krieket-nuus: Phoebe Litchfield se vinnige vyftigtal het Australië gehelp om ‘n sterk begin te maak in hul T20 Wêreldbeker Groep Een-botsing by Old Trafford, waar hulle 172-8 aangeteken het nadat hulle gekies het om eerste te kolf.


Suid-Afrika is toe vir 107 uitgeboul met Australië se draaiboulers wat oorheers het.

Laura Wolvaardt het die meeste lopies aangeteken met 44, en Nadine de Klerk het 25 geslaan, terwyl hulle probeer het om van 7-2 te herstel, maar hul 41-lopie-aanslag was nie genoeg om die teiken te haal nie.

 

En Wêreldbeker sokker-nuus: Die FIFA 2026 Wêrelbekertoernooi is nou in volle swang, soos al die gasheerlande al speltyd op die veld gehad het. Dit was ‘n naweek vol opwinding gewees.


Ons skakel oor na ons korrespondent…


LUISTER HIER:


Sokkerwereldbekerverslag-–-15-Junie-2026

Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page